Monday, April 6, 2009

Mobiliseer en Veiligheid kursus

Mobiliseer en Veiligheid kursus wat aangebied word deur Gideon Meiring vanaf 17 - 19 April 2009 by n plaas op
Syferbult, op die Kosterpad.

Koste: R350.00 per kursusganger en dit sluit etes en ammunisie vir hulle wapens in. (bv AK47 en ander outomatiese
wapens)

Kursus Inhoud:

Vuurwapenopleiding - Teorie, wetlike aspekte en prakties (eie wapen en hulle wapens)
Huis en werf beveiliging
Veilige huispenetrasie en skoonmaak
Skiet uit bewegende voertuig
Nag skiet
Boslaan - uitken van gevaartekens en hinderlaag
Selfverdediging - meer prakties en die gebruik maak van items in jou huis (nie die tradisionele verdediging nie)
Agtergrond in aanvalstekens
Noodhulp met wat jy het
Ken jou wet - basiese agtergrond oor wat jou reg is en wat jou te doen staan in seker situasies.
Kuns en Kultuur (Kuier saam Saterdag aand)


Die kursus begin al Vrydagaand met kort lesings en kennismaking met die wapens.

Vir meer besonderhede en besprekings, kontak Chris by: 082 806 7588

Thursday, March 26, 2009

Wapenwetgewing

1. Watter Wet reël die besit van wapens? – Die Wet op die Beheer van Vuurwapens, Wet No. 60 van 2000 (Staatskoerant Volume 430 van 10 April 2001, No. 22214), en later wysigings

2. Op watter ouderdom mag ’n wapen besit word?

2.1 As jy 21 jaar of ouer is. [art. 9(2)(a)]2.2 Die Registrateur kan ’n bevoegdheidsertifikaat uitreik aan ’n persoon onder 21 jaar, indien daar gebiedende redes bestaan, soos: [art.9(5)(b)]i.) indien die aansoeker ’n besigheid bedryf
ii.) indien die aansoeker in besoldigde diens is
iii.) indien die aansoeker ’n toegewyde jagter is
iv.) indien die aansoeker ’n toegewyde sportpersoon is
v.) indien die aansoeker ’n private versamelaar is

3. Wat is ’n bevoegdheidsertifikaat en wat is ’n lisensie?

3.1 ’n Bevoegdheidsertifikaat bepaal of jy as persoon bevoeg is om ’n vuurwapen te besit. [art.10(a)]
3.2 ’n Lisensie moet vir elke afsonderlike vuurwapen uitgereik word. [art.11(1)]
3.3 ’n Persoon kan dus een bevoegdheidsertifikaat besit, maar meer as een lisensie, afhangende van die aantal wapens wat hy/sy besit.
3.4 ’n Bevoegdheidsertifikaat moet spesifiseer of dit betrekking het, om:
i) ’n vuurwapen te besit
ii) Vuurwapen handel te dryf
iii) Voorlaaier te besit [WW.art.9].
iv) ’n vuurwapen vir ’n private versameling besit
v) In vuurwapens handel te dryf, te vervaardig
vi) Wapensmid te wees

3.5 Tydperk wat bevoegdheidsertifikaat geldig bly, is dieselfde as die van die Vuurwapenlisensie [art 10 &.27.WW.art9 &18].
i.) Lisensie vir vuurwapen vir selfverdediging – 5 jaar
ii.) Lisensie vir vuurwapen vir geleentheidsjag en sportskiet – 10 jaar
iii.) Lisensie vir vuurwapen vir toegewyde jag en sportskiet – 10 jaar
iv) Lisensie vir vuurwapen vir professionele jagter – 10 jaar

3.6 Hernuwing van bevoegdheidsertifikaat [art. 10 A.WW art.10]
i) doen aansoek by Registrateur
ii) aansoek moet vergesel wees van beëdigde verklaring deur aansoeker dat hy/sy steeds bevoeg is
iii) dien aansoek in by DFO
iv) aansoeker hoef nie weer voorgeskrewe toets oor wet af te lê nie [art. 10 A (7) WW.art.10.] .

4. Hoeveel wapens mag ’n persoon besit?
’n Persoon kan ’n lisensie om ’n vuurwapen te besit, kry vir:
i.) selfverdediging, [art.13]
a.) wat insluit ’n haelgeweer - wat nie vol of halfoutomaties is nie of ’n handwapen, wat nie vol outomaties is nie. [art.13(1)(a) en(b)] – Slegs een lisensie, maw slegs een wapen vir selfverdediging. [art.13(3)].
b.) ’n Half-outomatiese wapen kan verkry word indien goeie motivering gegee word dat een wapen, soos in a. nie voldoende is nie. [art.14(4)]. - Slegs een lisensie, maw slegs een wapen (wat half-outomaties is ) vir selfverdediging. [art.14(5)].
c.) Kriteria – behoefte aan ’n vuurwapen vir selfverdediging en wat nie daardie behoefte redelikerwys kan bevredig anders as deur die besit van ’n vuurwapen nie. [art. 13(2)(a en b)].

ii.) geleentheidsjag en sportskiet,
a.) wat insluit ’n handwapen wat nie vol-outomaties is nie, ’n haelgeweer of ’n geweer, wat nie vol of half-outomaties is nie. [art.15(1)(a) en(b)]
b.) ’n Maksimum van vier (4) lisensies kan uitgereik word, behalwe as jy reeds ’n lisensie besit vir selfverdediging, dan mag nog drie lisensies uitgereik word.[art.15(3)(a) en (b)] – daar kan egter net een vir ’n handwapen uitgereik word. [art.15(3)(c)]
c.) Kriteria – Geleentheidsjagter : ’n persoon wat, van tyd tot tyd, deelneem aan jagbedrywighede, maar wat nie lid is van ’n geakkrediteerde jagvereniging nie.[art.1(viii)]. – Geleentheidsportpersoon : ’n persoon wat, van tyd tot tyd, deelneem aan sportskiet, maar wat nie lid is van ’n geakkrediteerde sportskietorganisasie nie [art.1(ix)].
iii.) toegewyde jag en toegewyde sportskiet
a.) handwapen wat nie vol-outomaties is nie [art.16(1)(a)].
b.) Geweer of haelgeweer wat nie vol-outomaties is nie
c.) Half-outomatiese haelgeweer wat nie meer as 5 skote in snelvuur kan afvuur sonder om herlaai te word nie.- Nou geskrap[WWart11]
d.) die aansoek vir ’n lisensie moet vergesel wees van ’n beëdigde of plegtige verklaring van die voorsitter van ’n geakkrediteerde jagvereniging of sportskietorganisasie, waarin verklaar word dat die aansoeker ’n geregistreerde lid van die vereniging is.
iv.) professionele jag [art. 16A.WW. Art.12]a.)
a.) handwapen wat nie vol-outomaties is nie.
b.) Geweer of haelgeweer wat nie vol-outomaties is nie.
c.) die aansoek vir ’n lisensie moet vergesel wees van ’n beëdigde of plegtige verklaring van die voorsitter van ’n geakkrediteerde professionele jagvereniging, waarin verklaar word dat die aansoeker ’n geregistreerde lid van die vereniging is.
d.) Vuurwapen mag vir eie private gebruik word of vir professionele jag doeleindes [art.16A (3) WW (art.12)].
e.) Kriteria – enige persoon wat toesig hou oor of ’n kliënt vergesel teen vergoeding in verband met die jag van wild of eksotiese diere, en wat gemagtig is om dit te doen ooreenkomstig provinsiale wetgewing.[art. 1 WW. Art 1]
v.) ’n private versameling,
a.) ’n vuurwapen (enige vuurwapen) in ’n private versameling is enige vuurwapen goedgekeur vir versameling deur ’n geakkrediteerde versamelaarsvereniging [art.17(1)]
b.) die aansoek vir ’n lisensie moet vergesel wees van ’n beëdigde of plegtige verklaring van die voorsitter van ’n geakkrediteerde versamelaarsvereniging, waarin verklaar word dat die aansoeker ’n geregistreerde lid van die vereniging is.[art.17(2)]

5. Hoeveel ammunisie mag jy besit ?

5.1 Jy mag nie ammunisie besit indien jy nie ’n lisensie het vir ’n vuurwapen wat in staat is om daardie ammunisie af te vuur nie.[art.90(a)]
5.2 Jy mag nie in besit wees van meer as 200 patrone vir elke vuurwapen ten opsigte waarvan jy ’n lisensie hou nie.[art.91(1)]
5.3 Indien jy self ammunisie laai of herlaai, mag jy nie meer as 2400 slagdoppe besit vir elke vuurwapen ten opsigte waarvan jy ’n lisensie hou nie. [art.93(2)(a)]
5.4 Die beperkings is nie van toepassing op ’n toegewyde jagter, toegewyde sportpersoon of professionele jagter [art.91(2)(a)WW.art.26] nie

6. Definisies

6.1 Wat beteken ammunisie? – ’n slagdop of ‘n volledige patroon.

6.2 Wie is ‘n geleentheidsjagter? – ‘n persoon wat, van tyd tot tyd, deelneem aan jagbedrywighede, maar wat nie lid is van ‘n geakkrediteerde jagvereniging nie.

6.3 Wie is ‘n geleentheidsportpersoon - ‘n persoon wat, van tyd tot tyd, deelneem aan sportskiet, maar wat nie lid is van ‘n geakkrediteerde sportskietorganisasie nie.

6.4 Wat is half-outomaties – selflaaiend, maar nie in staat om meer as een skoot met ‘n enkele drukking van die sneller af te vuur nie.

6.5 Wat is ‘n handwapen – ‘n pistool of rewolwer wat in een hand gehou en afgevuur kan word.

6.6 Wat is ‘n patroon – ‘n volledige voorwerp wat bestaan uit ‘n patroondop, slagdop, dryfmiddel en koeël.

7. Wat gebeur as jy ‘n wapen erf?

7.1 Wanneer iemand ‘n wapen erf, en die persoon wil die wapen hou, moet die persoon aansoek doen om ‘n toepaslike lisensie of permit. [art.148(1)(a)]

7.2 Indien ‘n persoon nie die wapen wil hê nie, of nie ‘n lisensie vir die wapen wil of kan kry nie, moet die persoon die wapen laat deaktiveer of laat beskik ingevolge die wet.[art.148(1)(b)]

7.3 Die Registrateur kan ‘n tydelike magtiging om ‘n vuurwapen te besit [art.21] uitreik om ‘n persoon wat ‘n vuurwapen erf ‘n redelike tyd te gee om daaroor te beskik [art.148(2).].

7.4 Deaktiveer beteken om permanent onwerkbaar te maak, en kan slegs deur ‘n wapensmid gedoen word.[art.150]

8. Mag jy toelaat dat iemand anders jou vuurwapen gebruik?

8.1 Jy mag toelaat dat iemand anders jou vuurwapen gebruik, mits jyself ouer is as 21 jaar en die houer is van ‘n lisensie om ‘n vuurwapen te besit.[art.22]

8.2 Die ander persoon mag ook net jou vuurwapen gebruik terwyl hy/sy onder jou onmiddellike toesig is. [art.22]

8.3 Jy is egter skuldig aan ‘n misdryf indien jy jou vuurwapen (‘n antieke wapen en/of windgeweer) in die beheer stel van iemand wat geestesongesteld is of onder die invloed is van ‘n stof wat ‘n bedwelmende uitwerking het.[art.120(5)]

9. Algemeen – Belangrik om te onthou !

9.1 Dit is belangrik om te onthou dat alle bestaande vuurwapenlisensies geldig is tot en met 30 Junie 2009. Dit beteken dat indien jy nou aansoek gedoen het vir ‘n wapenlisensie en dit afgekeur is, bly die bestaande lisensie geldig tot 30 Junie 2009 en kan jy die wapen tot dan hou of van eienaarskap laat verwissel.

9.2 Persone wat verjaar in Januarie – Maart moes reeds aansoek gedoen het vir ‘n bevoegdheidsertifikaat en lisensie. Indien jy dit nie gedoen het nie, kan jy steeds aansoek gaan doen sonder dat jou wapens as onwettig verklaar word. Persone wat in April – Junie verjaar kan tot 31 Maart 2007 aansoek doen. Persone wat in Julie – September verjaar kan aansoek doen vanaf 1 Januarie 2007 tot 31 Maart 2008. Persone wat in Oktober – Desember verjaar kan aansoek doen vanaf 1 Januarie 2008 tot 31 Maart 2009.

9.3 Indien jy aansoek doen vir jou lisensies moet jy duidelik motiveer hoekom jy die betrokke vuurwapen wil besit. Moenie net sê dit is vir selfverdediging nie, sê hoekom dit nodig is om jouself daarmee te verdedig.

9.4 Moedig mense aan om aansoek te doen vir hulle lisensies om sodoende ons wapens te behou.

9.5 Die Wysigingswet op Vuurwapens (kursief gedruk) se bepalings sal eers in werking tree wanneer die Regulasies behoorlik aangepas is.